Wendy Gaybba & Collin Albertus
Winter
Winter is die konsep van twee kunstenaars in dieselfde omgewing, tydens dieselfde tydperk, reg in die hartjie van winter. Die enigste verskil is die twee verskillende mediums, die twee verskillende ervarings en hoe hierdie ervarings uiteengesit word.
Albertus sê "My ervaring was toenemend die soektog na die realistiese aspek van winter volgens my. Dit sluit beide die materialistiese aspek, sowel as die aspek van die natuurlike omgewing wat ons partykeer meer as gewoonlik afskeep. Dit sluit ook 'n reis van tyd in, met die kyk van dit wat was, dit wat nou is, en dit wat hopenlik nog sal kom."
