Annelie Venter
Sandveld Diary
24 September 2003 Digte mis. Skoene papnat. Deurkruis land met blomme. Kry wit bobbejaantjie met maroon - punt van kamp. Ook skaars blou blomme - amper cerulean maar gryser met donkerblou kruisie in die middel. Lang steel. Klein blou klokkies naby Irisse langs die draad en ook in die dooie takke voor die duin. En 'n rotstert wat gaan blom. Rooi pypie op die duin. Soek siek ooi - kry goudgeel Iris. Moet nog die naam soek. Belofte van nog baie lelies wat gaan blom.
26 September 2003 Donker maan -- helder sterre
27 September 2003 Wind en reën en koud - verlang weer. Vlasblomme blom blou in die wind. Laat middag goue son, blousel blou lug reg bo. Sagte wolkwatte van wes na oos. Dit lyk of iemand met 'n verfkwas in die lug speel. Eenkant cerulean, dan kobalt en ultramarine - selfs bleekblou in die suide. Sagte wit vliesies met bolle wolke bo-oor. Later roep Thys: Son teken goue rand en 'n dubbele reënboog met breë straal. Reënboog het geskuif na laaste reën.
These were my first entries in my diary since we moved to our farm Viervlei in the Sandveld at the end of April 2003. Through my paintings I revisit my memories and turn them into soul experiences. They speak of seasons, cycles, light and dark, flowers and weeds, life and death, sadness and joy, companionship and loneliness, drought and abundance. The Sandveld is becoming more desolate every year as people leave their farms to make a living elsewhere. The poor soil and harsh conditions make living extremely difficult. With this exhibition I am hoping to remind the viewers that there is hidden treasures in each piece of seemingly desolate land so we have to tread lightly on this earth.
29 Oktober 2008 Die eerste keer toe ek dié fyn plantjie (Monsonia speciosa) tussen die restios gesien het, het ek vermoed dis van die familie GERANIACEAE. Die blom was toe reeds al aan die doodgaan. Ek het die posisie probeer onthou deur die kragpaal as baken te gebruik. Vandag het ek dit weer gaan soek. Hierdie keer was die restios baie groter en ek kon nie weer die oorspronklike plantjie kry nie. Dit was so ongelooflik om onverwags in 'n oopte tussen die restios af te kom op een enkele blom tussen die droë takkies en sade van verloopte klein winterblommetjies. Dit het my laat dink aan vergete vergeelde ouwêrelse kant.
