Paula van Coller

Verplanting

Die uitstalling fokus op die bereidwilligheid van plant hervestiging om groei te bevorder. Werke beeld segmente van algemene tuinmaak plante in die proses van verandering uit. Die fokus val op die ontkieming of verdelings moontlikhede vir uitplanting.

Werke herinner aan botaniese tekeninge.

Plantvorms bly die fokuspunt en word uitgebeeld met olie-verf op doek, vol kleur en tekstuur teen ‘n neutrale agtergrond. Tekenwerke op bruin papier reflekteer die menslike teenwoordigheid om georganiseerde voorplanting aan te help en die verteenwoordighied van aktiewe menslike betrokkenheid.